Die Tembisa-tienling is weer terug…

Die redakteur van Pretoria News, Piet Rampedi, het ‘n artikel geskryf en gepubliseer oor ‘n vrou van Tembisa wat geboorte aan ‘n tienling gegee het. Dit het ‘n opskudding veroorsaak, want dit is alles versin. In plaas daarvan om verwantwoordelikheid vir die aangeleentheid te neem, het Independent Media se voorsitter Iqbal Survé voortgegaan om die fiksie as feite voor te lê. Volgens die koerant Daily Maverick het die interne media-ombudsman vier maande gelede bevind dat Rampedi skuldig is aan wangedrag en ‘n verskoning moet publiseer. Ben Roodtman van die Suid-Afrikaanse Persklub sê in die tyd van fopnuus moet mense na die feite kyk.