Die Suid-Afrika A-span stel besoek aan Georgië af

Die Suid-Afrika A-Span se beplande toer na Georgië is afgestel weens die aantal Covid-19-gevalle in beide lande. Die Suid-Afrikaners sou vandag na Europa vertrek vir hul vier-wedstyd toer, maar nadat bestuur dit bespreek het, is daar besluit dit is nie moontlik nie. Die uitvoerende hoof van S A Rugby, Jurie Roux, sê dit is nooit maklik om sulke besluite te neem nie, maar spelers se gesondheid bly die belangrikste oorweging.