Die Springokke verloor weer teen Australië

Rugby: Die Springbokke het die tweede Kampioenskapskragmeting teen Australië met 30 -17 verloor en hulle plek op die wêreldranglys is nou in die gedrang. Die Bokke beklee sedert hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2019 die eerste plek op die wêreldranglys As Nieu-Seeland Argentinië met meer as 15 punte wen, steek die All Blacks hulle verby.