Die Springbokke is weer nommer een

Rugby: Die Springbokke se afrigter, Jacques Nienaber, sê hulle oorwinning van 31-29 teen Nieu-Zeeland in die eindwedstryd van die Kampioenskapsreeks van 2021 bied waardevolle momentum vir Suid-Afrika vir die toetswedstryde wat in November voorlê. Die All Blacks was reeds verseker van die Kampioenskapstitel ná hule oorwinning oor die Springbokke verlede naweek, maar met gister se sege is die Springbokke weer die wêreld se nommer-een-span. Die Suid-Afrikaners speel volgende maand teen Wallis, Skotland, en Engeland om hulle internasionale wedstrydprogram af te sluit.