Die Springbokke is reg vir die Wallabies vandag

Rugby: Die Springbokkaptein Siya Kolisi sê hulle is opgewonde oor vanmiddag se Kampioenskaps-wedstryd teen die Wallabies in Queensland. Die wêreldkampioene wil nie net hulle rekord van agt jaar sonder ‘n oorwinning in Australië uitwis nie, maar ook seker maak hulle bly op koers met die verdediging van hulle titel. Kolisi sê die Bokke vertrou hulle verdediging. Die Suid-Afrikaners het sedert 1992 nog net vyf wedstryde in Australië gewen. Maar die meeste kenners meen die Springbokke het wat nodig is om te wen. Afskoptyd is net na twaalf vanmiddag Namibiese tyd.