Die Seychelles is van Dinsdag af weer oop vir toeriste

Namibiërs en ander toeriste kan van Dinsdag af weer die aantreklikhede van die Seychelles geniet, ná hulle sedert die begin van die jaar van die eilandstaat weggehou is. Die Seychelles het sy internasionale lughawe ten volle heropen in ‘n poging om sy beleërde toerismebedryf weer op dreef te kry. Dit is vir 65-persent van sy bruto binnelandse produk verantwoordelik. Covid-19 het veroorsaak dat die aantal besoekers aan die Seychelles vanjaar met 70-persent geval het. Alle besoekers sal ‘n virustoets moet ondergaan.