Die Saterdag die Bulle teen die Sharks

Rugby: Dit is die Bulle teen die Haaie in Saterdag se Curriebeker-eindstryd op Loftus. Maar die meeste kenners sê Jake White se span het niks om hulle oor te bekommer nie, want die Sharks was bloot gelukkig om Griekwas gisteraand met 28-24 in die een halfeindstryd in Durban te klop. Griekwas het hul tweede drie slegs twee minute voor die einde van die wedstryd gedruk en die Haaie moes hou wat hulle het. Die Bulle het hierteenoor die Westelike Provinsie maklik met 48-31 in die ander halfeindstryd Vrydag kafgedraf.