Die sardyntjies loop!

Die KwaZulu-Natalse Haaieraad het tydens ‘n waarnemingsvlug langs die Oos-Kaapse kus skole sardiens opgemerk. Die vis beweeg stadigaan in die rigting van KwaZulu-Natal. Die raad se waarnemende bedryfshoof, Greg Thompson, sê die grootste konsentrasie was tussen die Keiriviermond en Gonubie. Hulle sal op die 27ste van die maand nog ‘n verkenningsvlug onderneem.