Die SAOG-streek staar groeiende bedreiging van terrorisme in die gesig

Die Suider-Afrikaanse streek staar volgens berigte ‘n groeiende bedreiging van terrorisme in die gesig, veral in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Mosambiek. Die tentakels van die terroriste strek tot in Tanzanië en bedreig die hele streek se stabiliteit, asook politieke onstabiliteit in Lesotho. ‘n Aksieplan is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek se sekretariaat in oorleg met lidlande ontwikkel om lande in staat te stel om holistiese benaderings tot vrede en veiligheid te kry. Die streek se Sentrum vir Terrorismebestryding sal in Tanzanië wees. Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die SAOG het ‘n meganisme in plek.