Die plaaslikefregeringsverkiesings in Suid-Afrika onder die loep die naweek

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika vergader die naweek om die Konstitusionele Hof se uitspraak te bespreek dat plaaslike regeringsverkiesings voor of op 1 November moet plaasvind. ‘n Aankondiging oor die pad vorentoe word die week verwag. Die Konstitusionele Hof het die ANC se hoop verpletter om nog ‘n kans te kry om sommige van sy kandidate te registreer. Die party se tesourier-generaal, Paul Mashatile, het vroeër aan die media gesê as die verkiesing voortgaan, sal dit beteken die party het verloor.