Die Nedbank Desert Dash begin vandag in die hoofstad

Die Switserse fietsryer en titelhouer wat die Nedbank Desert Dash reeds by ses geleenthede gewen het, Kenny Looser, sal sy titel van vandag af verdedig wanneer die ren in Windhoek begin. Die roete strek oor 393 kilometer deur die Khomas-hoogland en die Namib-woestyn tot by Platz am Meer in Swakopmund waar die eerste fietsryers vroeg môre-oggend verwag word.Die Namibiër Anri Parker het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat oor haar deelname.

En Namibië se Drikus Coetzee is opgewonde en gereed vir die uitdaging.