Die Namibiese regering verwelkom Europese regerings se besluit om in Afrika Ontwikkelingsfonds te belê

Die Namibiese regering het die beslissing dat regerings van Denemarke, Duitsland, Luxembourg en Swede onderneem het om kapitaal te belê in die Afrika Ontwikkelingsfonds, verwelkom. Die regerings poog volgens berigte om Afrika se status as beleggingsbestemming te behou, veral in die lig van die heersende pandemie. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die Ekonomiese Fakulteit van Unam sê dit is steeds ‘n lening, maar hopelik sal die fonds dit teen ’n laer koers uitleen.