Die koste van wan- en ondervoeding beloop N$11 miljard ‘n jaar

Wanvoeding moet in Namibië as nasionale prioriteit aangespreek te word. Die koste daarvan, volgens Ben Schernick van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, is gelykstaande aan 11 miljard Namibiese dollar per jaar. Daar is kommer omdat 24 persent van Namibiese kinders deur wanvoeding geraak word en ‘n geraamde 12 711 kindersterftes in Namibië hou direk verband met ondervoeding voordat ‘n kind een jaar oud word. Dit toon ook dat 23,7 persent van alle herhalings in die skool geassosieer word met te min kos en ongeveer 14 persent van kinders is in die land is geraak.