Die Katolieke Kerk vra inheemse bevolking van Kanada omverskoning

Die Katolieke Kerk het die inheemse bevolking van Kanada onomwonde om verskoning gevra vir ‘n eeu se wandade in plaaslike skole onder sy beheer. Die regering het die skole gestig om kinders by die hoofstroom-bevolking in te skakel. Maar AFP berig die inheemse leiers wag vir ‘n verskoning van die pous self. Dit volg op onlangse ontdekkings wat Kanada diep geskok het. Meer as een-duisend-200 grafte sonder name is op drie plekke ontdek waar inheemse kinders gedwing is om hierdie skole by te woon.