Die Kaapse parlementsgeboue brand steeds

Die brand by die parlementsgebou in Kaapstad is nog nie onder beheer nie en woed steeds in die nuwe afdeling by die Nasionale Vergadering. Die vuur by die ou vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies is wel geblus. ‘n Alternatief vir President Cyril Ramaphosa se staatsrede sal gevind moet word maar die Speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula sê die staatsrede sal op 10 Februarie plaasvind. Daar is baie skade, nie net van die brand nie, maar ook rook- en waterskade, volgens owerhede op die toneel. Daar is geen kommentaar gelewer oor sensitiewe dokumente nie maar owerhede van staatsveiligheid is op die toneel en monitor die situasie. Dit is die tweede brand by die kompleks sedert Maart verlede jaar en dié verslag is nog nie bekend nie. Die buurland se minister van openbare werke Patricia de Lille het vroeër met die media gepraat.