Die Inkatha-Vryheidsparty vra dat korrupte staatsamptenare vasgetrek word

Die Inkatha-Vryheidsparty sê dis hoog tyd dat korrupte staatsamptenare in Suid-Afrika met ‘n onversadigbare aptyt vir die verduistering van openbare geld aan die man gebring word om ‘n korrupsie-vrye regering te verseker. Die party het reageer nadat ‘n 43-jarige werknemer van die KwaZulu-Natalse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling dié week in ‘n hof in Durban 10-duisend-rand borgtog toegestaan is. Sithembile Khumalo word aangekla van 3,9-miljoen-rand se bedrog.