Die hoof van Nigerië se leër, sterf in vliegtuigongeluk

Die hoof van Nigerië se leër, luitenant-generaal Ibrahim Attahiru, is in ‘n vliegtuigongeluk in die noordwestelike staat van Kaduna dood. Die weermag het aan nuusagentskappe gesê die ongeluk het gebeur toe die vliegtuig in swak weer probeer land het. Tien ander offisiere, asook die vliegtuigbemanning het ook gesterf. President Muhammadu Buhari het die ongeluk diep betreur. Die tragedie volg na ‘n Nigieriese militêre vliegtuig presies drie maande gelede by ‘n aanloopbaan in Abuja neergestort het en al sewe mense aan boord gesterf het.