Die Haaie klop die Bulle

Die Haaie het die Bulle verbygesteek en is nou bo aan die Curriebeker-punteleer in die buurland na hulle oorwinning van 35-28 gisteraand in Durban. Vier drieë deur die tuisspan was net te veel vir die Bulle wat slegs drie drieë gedruk het. Die Goue Leeus kon slegs hulle tweede oorwinning in die Curriebeker-seisoen in Kimberley behaal toe hulle die Griekwas met 45-42 geklop het. Dié naelskraapse oorwinning was ‘n terugslag vir die tuisspan wat vroeër vier uit sewe wedstryde gewen het. Die Westelike Provinsie en die Cheetahs pak mekaar half-drie vanmiddag op die Nuweland-stadion. Dié wedstryd word as die voorloper beskou vir die beslissende toetswedstryd tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus vanaand in die Kaapstad-stadion.