Die Guptas weer in die nuus

Die Ahmed Kathrada-stigting in Suid-Afrika het ‘n veldtog van stapel gestuur om die Guptas na Suid-Afrika terug te bring. Die familie word daarvan beskuldig dat hulle voordeel uit die staatskoffers getrek het, en tenderprosesse tydens die bewind van oudpresident Jacob Zuma beïnvloed het. Derek Hanekom van die stigting sê die oortreders is op vrye voet in ‘n ander land. Hy sê met die hulp van Corruption Watch, OUTA, die SAKP, Defend Our Democracy, Right2Know en internasionale organisasies gaan hulle verseker geregtigheid geskied.