Die Bulle wen die Curriebeker-eindstryd en die Springbokke pak die Wallabies vandag

Rugbynuus..Die Curriebeker is ‘n tweede keer vanjaar in die Bulle se vertoonkas op Loftus Versveld in Pretoria nadat hulle die Haaie in die eindstryd met 44-10 geklop het. Die rustydtelling was 19-3 in die Bulle se guns. Dit is die 25 ste keer dat die Bulle die reeks gewen het.

En.. Die Springbokke draf vandag teen die Wallabies uit in hulle Rugbykampioenskapstoets aan die Australiese Gold Coast.Michael Hooper, wat sy 112de toets speel, sal Australië die 59ste keer aanvoer, wat die rekord ewenaar. Die Springbok kaptein Siya Kolisi oor vandag se kragmeting.