Die Bulle steeds bo-aan die Curriebeker punteleer

Rugby: Die Westelike Provinsie het ‘n stok in die Curriebeker-wiel gesteek deur die Haaie gisteraand in Durban met 35-24 te uitoorlê. WP het teen alle verwagting in, na die halfeindronde van die kompetisie deurgedring. Dit is ook moontlik gemaak deur die uitslag van die wedstryd tussen die Pumas en die Griekwas wat met 13-elk gelykop gespeel het. WP speel Saterdag in die een halfeindstryd teen die verdedigende kampioene, die Bulle. Die span van Pretoria het die Cheetahs gister naelskraap met 39-36 geklop. Die Haaie kom in Saterdag se ander halfeindstryd teen die Griekwas te staan.