Die Bulle klop die Pumas naelskraap op Loftus

Rugby: Ná die skoknederlaag in die eindstryd van die Reënboogbeker in Italië het die Blou Bulle gisteraand hulle staal gewys met ‘n bonuspunt-oorwinning van 32-27 in ‘n Curriebekerwedstryd teen die Pumas op Lofuts Versfeld. Die besoekers was teen rustyd met 17-3 voor. Die verdedigende kampioene het verlede week hulle openingswedstryd teen die Westelike Provinsie verloor terwyl die Pumas ‘n indrukwekkende oorwinning oor Leeus behaal het. Vandag kom die Griekwas en die Cheetahs in Kimberley teen mekaar te staan.