Die bronsplaat by die Christuskerk na bewering gesteel

Die bronsplaat by die ingang van die Christuskerk in die hoofstad wat wys dat dit ‘n geproklameerde Nasionale Monument is, is na bewering gesteel. Dit het volges berigte reeds enkele dae gelede gebeur en is uit die sandsteenmuur regs van die kerkdeur verwyder. Die bewoording op die gedenkplaat dui aan dat die hoeksteen van die kerkgebou op 11 Augustus 1907 deur Pastor Anz gelê is.