Die Brave Warriors speel vandag teen Togo

Sokker.Die Brave Warriors speel vandag teen Togo in Lomé in nog ‘n kwalifiseringswedstryd vir die Fifa Wêreldbeker -toernooi van 2022. Namibië en die Kongo is nou met twee punte elk gelykop in hulle groep en hulle hoop om ‘n positiewe uitslag teen Togo te kry om hulle kans op ‘n plek by Fifa se Wêreldbekertoernooi in Katar volgende jaar te verbeter.