Die As: Engeland verbrou al sy kanse

Enige kans vir Engeland om in die reeks om die As terug te veg is daarmee heen nadat hulle op die eerste dag van die derde toets in Melbourne vir net 185 lopies uitgeboul is. Ná groot nederlae in Brisbane en Adelaide, moet die besoekers in Melbourne wen om die reeks aan lewend te hou. Engeland se kaptein, Joe Root, het met 50 die meeste lopies aangeteken. Die Australiese kaptein, Pat Cummins, en draaiboul-koning, Nathan Lyon, het albei 3 paaltjies vir 36 lopies platgetrek. Die gashere was aan die einde van die dag se spel op 61 vir een.