Die As: Engeland lek nog sy wonde

Die Engelse kolwer, Dawid Malan, sê sy span lek nog sy wonde, maar gaan alles in die stryd werp om terug te veg in die reeks om die As teen Australië. Nadat Engeland die eerste twee toetse verloor het, sal die besoekers Sondag vir die derde toets die MCG in Melbourne betree in ‘n wedstryd wat hy moet wen om die reeks lewend te hou. Die enigste geval waar ‘n span wat met twee-nul agtergeloop het, die reeks om die As kon wen, was in die 1936-’37 seisoen, toe Donald Bradman se Aussie-span Engeland geklop het.