Die As: Aussies kolf eerste

Australië se waarnemende kaptein, Steve Smith, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf in die tweede dag/nag-toets om die As teen Engeland in Adelaide. Smith neem waar in Pat Cummins se plek nadat hy enkele ure voor die wedstryd begin het,in noue kontak met ‘n positiewe Covid-19-geval was. Engeland het die snelboulers Jimmy Anderson en Stuart Broad ingesluit wat tussen die twee van hulle met een-duisend-156 toetspaaltjies spog. Daar was groot omstredenheid toe hulle uit die eerste toets in Brisbane gelaat is, wat Engeland met nege paaltjies verloor het.