Die Afrika Nasies-beker begin môre in Kameroen

Sokker: Die Afrika Nasies-beker begin môre in Kameroen. Senegal word as die kontinent se top-span saam met die heersende kampioen, Algerië, gesien as die spanne om te klop. Sommige ondersteuners haas nou om in te ent, nadat Kameroen gesê het diegene wat die wedstryde wil bywoon moet ten volle ingeënt wees en moet ‘n negatiewe toets kan toon. In Kameroen is skeptisisme oor die belangrikheid en veiligheid van die entstof hoog. Slegs 2,3-persent van die bevolking is ten volle ingeënt.