Die afgelope mynbou-konferensie was ‘n groot sukses

Die afgelope mynbou-konferensie van die Namibiese Kamer van Mynwese word as ‘n reuse-sukses beskryf. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het egter gesê daar is ‘n verskil in Namibiese geregistreerde mynmaatskappye wat deur buitelanders besit word, en wat deur Namibiërs besit word. Hy het gesê te veel geld vir aankope en dienste in die mynboubedryf gaan steeds aan buitelanders, en die gaping moet gevul word. Die ministerie en die Kamer van Mynwese is besig om ‘n databasis vir plaaslike insette te ontwikkel. Die uitvoerende hoof van die kamer, Veston Malango, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê plaaslike maatskappye moet ondersteun word