Die aarde skud weer by Boksburg
Die geowetenskaplike raad in die buurland het bevestig dat ‘n aardskudding met ‘n meting van 2,98 Saterdagaand in Boksburg in Ekurhuleni voorgekom het. Die episentrum was sowat twee kilometer suid van die Harmony Doornkop-goudmyn. Die Johannesburgse nooddienste sê geen ernstige skade of beserings is aangemeld nie, maar hulle bly op ‘n gereedheidsgrondslag. Dit volg nadat ‘n aardskudding met ‘n meting van 4,4 Gauteng verlede maand getref het. Die episentrum van die vorige aardskudding was ook in Boksburg.