Didiza vergader in die Vrystaat met 22 nuwe bek-en-klouseer gevalle

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het dringend met die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, vergader. Dit volg nadat bek-en-klouseer op 22 eiendomme in gebiede rondom Marquard en Bethlehem uitgebreek het. Didiza het verlede Dinsdag gesê die beweging van alle vee in die land word weens die uitbreking verbied. Die Vrystaatse premier se woordvoerder, Palesa Chubisi, sê boere, gemeenskappe en nywerhede werk saam om die onwettige beweging van diere te bekamp: