Diana vandag 24 jaar gelede oorlede

Prinses Diana is vandag 24 jaar gelede oorlede in ‘n gru-motorongeluk in Parys, Frankryk. Haar vriend, Dodi Fayed en sy hoof van sekuriteit en die bestuurder van die motor Henri Paul is ook in die ongeluk dood. Diana se lyfwag, Trevor Rees-Jones, het die ongeluk oorleef maar is ernstig beseer. Daar was berigte dat die media die voertuig gejaag het en moontlik kon bygedra het tot die ongeluk maar ‘n ondersoek deur Franse owerhede het bevind dat Paul gedrink was en ook medikasie geneem het. ‘n Britse ondersoek het ook bevind Paul het nalatig bestuur. Niemand in die voertuig het hulle veiligheidsgordels gedra nie. Diana was 36 toe sy dood is. ‘n Beraamde 2,5 miljard mense het wêreldwyd na haar begrafnis gekyk.