Deutsche Bank begin ook wankel…

Aandele van Deutsche Bank het met 8,6 persent gedaal na die koste van versekering teen banke se eenstorting skerp gestyg het. Dit is veroorsaak deur kommer oor die stabiliteit van Europese en Amerikaanse banke. Die Duitse lener se Frankfurt-genoteerde aandele het vir ‘n derde agtereenvolgende dag teruggesak en het tot dusver hierdie maand meer as ‘n vyfde van hul waarde verloor. Kredietwanbetalings – ‘n vorm van versekering vir ‘n maatskappy se verbandhouers teen sy wanbetaling – het Donderdagaand tot 173 basispunte gestyg vanaf 142 basispunte die vorige dag. Die noodredding van Credit Suisse deur UBS, in die nasleep van die ineenstorting van die VSA-gebaseerde Silicon Valley Bank, het kommer onder beleggers veroorsaak, wat verdiep is deur verdere monetêre beleidsverskerping van die Amerikaanse Federale Reserweraad Woensdag, gevolg deur Brittanje en Switserland.