Desentralisasie gebeur nie, al is daar ‘n beleid

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n verslag oor streeksregering, genaamd “Is Decentralisation a Reality” bekend gestel. Die Namibiese regering het reeds in Maart 1998 ‘n desentralisasiebeleid van stapel gestuur om deelnemende demokrasie en vinnige volhoubare ontwikkeling te bevorder. Die doel van die verslag van die instituut is om te sien of die regering se desentralisasieprogram kan realiseer. ‘n Navorser van die instituut, Kitty McGirr, het die verslag saamgestel.