Desantis verwys na Trump maar noem hom nie

Die Florida-goewerneur Ron Desantis, wat nog nie sy veldtog vir 2024 vir die Republikeine se presidentskandidaat aangekondig het nie, al word daar wyd verwag hy sal, sê Florida het Republikeine gewys hoe dit gedoen word. Hy sê hy wil ook weet wat verkeerd gegaan het tydens die tussenverkiesing omdat die Republikeine toe nie die rooivlaag gesien het wat hulle verwag het nie. Sommige ontleders meen hy het verwys na Donald Trump, met wie hy nie meer so goed bevriend is nie…