DeSantis verdedig sy stryery met Walt Disney
Die Republikeinse goewerneur van Florida Ron deSantis het sy stryery met Walt Disney verdedig. Die maatskappy dagvaar hom en vra die hof om sy pogings om beheer oor die maatskappy se temaparke in Orlando uit te oefen, omver te werp. Die voortdurende pogings deur DeSantis om beheer oor Disney uit te oefen, het verlede jaar begin nadat die maatskappy ‘n staatswet gekritiseer het wat klaskamerbesprekings oor seksualiteit en geslagsidentiteit in skole verbied. DeSantis sê die deelstaat se regering subsidieer Disney se swak gedrag.