DeSantis is dislojaal om te staan – Trump

Voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het sy veldtog vir presidensiële kandidaat vir die Republikeinse party die naweek in Salem, New Hampshire en in Columbia, Suid-Carolina afgeskop. Terwyl die party se kandidaatslys nog nie bekend is nie, word daar al om verwag dat die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, wat uiters gewild is, ook sal staan. DeSantis en Trump was in vroeër jare baie na aan mekaar maar die vriendskap het versuur. Trump is ook vies omdat DeSantis moontlik kan staan – hy sê hy wat Trump is, is verantwoordelik vir DeSantis se sukses en vind dit ‘dislojaal’.