Dertien Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 13 sterftes, en 1 384 nuwe Covid-gevalle uit 2 840 resultate aangekondig. In die groep is 192 leerders, 28 onderwysers, 22 gesondheidswerkers en 8 studente. Daar is nou 24 641 aktiewe gevalle waarvan 560 in hospitale en 106 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste Covid-syfers.