Denosa sê sy verpleegsters word aangerand

Die verpleegvakbond Denosa sê hy word oorval met talle klagtes van aanrandings op sy lede deur stakende medewerkers in gesondheids-geriewe regoor die land. Die vakbond raai sy lede aan om gepaste stappe te doen om te verhoed dat hulle hul lewens in gevaar stel, aangesien die regering nie stappe gedoen het om aandag te gee aan die veiligheidskwessies van verpleegkundiges nie. Die vakbond gee die regering die skuld dat hulle nie die dooiepunt in loon-onderhandelings opgelos het nie. Denosa se president, Simon Hlungwani, doen ‘n beroep op betogers om nie verpleegkundiges wat na pasiënte omsien, aan te val nie.