Dennis Noa môre gevonnis

Die 29-jarige leerlingdokter Dennis Noa sal môre gevonnis word in die Windhoek-streekshof. Dit kom na hy op 22 Januarie skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n breinbeseerde manlike pasiënt by die Katutura-hospitaal in April 2021. Dit kom na finale voorleggings aan landdros Victor Nyazo gelewer is. Die minimum vonnis vir verkragting in die geval is 15 jaar en die staat soek dit terwyl Noa se regsman aanvoer dat die wet vyf jaar voorskryf vir ‘n eerste oortreding.