Denel kort geld vir sy omkeerplan

Die buurland se wapenvervaardiger, Denel, sê die sukses van sy omkeerplan hang af van die tydige vrystelling van regeringsfondse. Die minister van finansies, Enoch Godongwana het in sy tussentydse begroting 204,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Denel toegeken om sy voorwaardelike laste weens sy swak finansiële posisie te verminder. Daar is ook ‘n verdere 3,4 miljard rand toegeken om die omkeerplan af te handel, mits sekere voorwaardes nagekom word. Die waarnemende uitvoerende hoof, Michael Kgobe sê die plan se hoofdoel is om kostes te verminder terwyl inkomste vermeerder, en personeel wat weens jare lange wanbestuur ontmoedig is, te gemotiveer.