Delhra stem saam met Nacso wildtellingsyfers vir 2021

‘n Bewaringsorganisasie wat mens-leeu-konflik in die Noordweste takel, het gereageer op Nacso, die sambreelorganisasie vir Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne-bestuur, se wildtelling wat in die noordweste van Namibië vir 2021 gedoen. Kommer is uitgespreek oor die skerp afname in sekere wildspesies, veral gemsbokke en koedoes. Van al die wildsterftes in die bewaringsgebiede, verteenwoordig gemsbokke nege persent en koedoes 14 persent. Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid, Delhra, wat onlangs in die Kunene-streek na leeus gaan soek het, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy stem saam dat die wild baie min is.