Dele van Sjanghai sluit weer, Disney-oord maak (gedeeltelik) oop

Terwyl dele van Sjanghai in China weer vandag vir twee dae ingeperk is as gevolg van Covid-gevalle sal die stad se Disney-oord van môre af sekere kleinhandel- en parkgedeeltes weer oopstel. Dit sluit die oord se Wishing Star Park, die World of Disney-winkel en Blue Sky-boulevard in. Die oord is sedert Maart gesluit weens ‘n toename in Covid-gevalle. Die hoofpark, Disneytown, en sy twee hotelle sal egter tot verdere kennisgewing gesluit bly. Die Sjanghaise Disneyland-park het in 2020 sowat 5,5 miljoen besoekers ontvang. Kenners meen namate China inperkings verslap sal die olieprys verder toeneem. Die land is die grootste olie-invoerder in die wêreld.