Deel droë boorgate se inligting, vra NLU

Die Namibiese Landbou Unie doen ’n beroep op sy lede om die lisensiëring van hul boorgate en alle damme op hul plase in te handig voor 28 Februarie 2025. Die 18-maande lisensiëring-tydperk het op 29 Augustus 2023 begin en kom einde Februarie tot ‘n einde. Die NLU sê hy sal die aansoekvorms vir damme deel sodra dit vanaf die landbouministerie ontvang is. Dit het aan die lig gekom dat die lisensiëring van droë boorgate nie ’n wetlike verpligting is nie, maar die inligting word deur geohidroloë benut om die land se grondwater-potensiaal te bepaal. Die unie moedig lede dus aan om steeds droë boorgate se inligting te deel op die Excel data-blad.