De Ruyter verdien R7m in vorige boekjaar by Eskom

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het die vorige finansiële jaar ʼn salaris van 6,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand verdien. Dit is ietwat minder as sy vergoeding van 7,1 miljoen rand in 2022. Die tussentydse uitvoerende hoof, Calib Cassim, het die kragvoorsiener se finansiële state uitgereik vir die jaar wat in Maart geëindig het. Dit toon sy salaris het tot 5,5 miljoen rand gestyg toe hy in Februarie na De Ruyter se bedanking oorgeneem het. Cassim het ʼn netto verlies van 23,9 miljard rand vir Eskom vir die vorige boekjaar  bekendgemaak en skryf dit toe aan faktore soos onreëlmatige besteding en misdadige bedrywighede.