De Ruyter lê klagte, ontvang dreigemente

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sal klagtes van intimidasie indien nadat hy dreigemente ontvang het op sosiale media. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het dit bevestig en sê ‘n lid van Eskom se sekerheidspan beplan om die klagte namens De Ruyter in te dien. Mantshantsha sê die dreigemente was in die vorm van aanhitsing om geweld en misdaad te pleeg. Verskeie instansies het die afgelope paar dae gevra vir De Ruyter se afdanking weens die voortdurende beurtkrag, maar hy en President Cyril Ramaphosa sê hy gaan nêrens heen nie.