De Beers en National Geographic baklei vir Botswana waterbronne

Die internasionale diamantmaatskappy, De Beers, en die tydskrif, National Geographic, het die Okavango Eternal-vennootskap van stapel gestuur, om die waterbronne van die Okavango Delta in Botswana te beskerm. Die uitvoerende hoof van De Beers, Bruce Cleaver, sê die ondersteuning van Botswana se langtermyn volhoubare-ontwikkeling is ‘n belangrike prioriteit vir die maatskappy. Met dié projek sal hulle die beste manier identifiseer vir die voortgesette beskerming van die natuurlike korridor. Die vyf-jaar verbintenis verteenwoordig ‘n belangrike belegging in Botswana se herstelvermoë vir die toekoms, en fokus op ekologiese oplossings ná die Covid-19 pandemie.