DBV vra dat lewendehawe verskeping onmiddellik staak

Die Dierebeskermingsvereniging in Suid-Afrika doen ‘n beroep op landbouministers wêreldwyd om uitvoere van lewende diere te verbied. Die oproep is gedoen op die herdenking van Wêreld- internasionale bewusmakingsdag teen die uitvoer van lewende diere. Die vereniging veg sedert Oktober 2019 teen die uitvoer van lewende skape vanaf Suid-Afrika na die Midde-Ooste. Die woordvoerder, Keshvi Nair, sê sedertdien is vier besendings, met altesaam 227 231 Suid-Afrikaanse skape in uiterste hitte na die Midde-Ooste vervoer: