DBV se Kersaanbiedings binnekort beskikbaar, en steriliseer asb. jou kat…

Die is die seisoen waartydens katte kleintjies kry en die Dierebeskermingsvereniging van Namibië doen ‘n beroep op alle kat-eienaars om hul katte te steriliseer. Die vereniging het Kerskaartjies op spesiale aanbod en binnekort sal hul kalenders vir 2023 ook te koop wees. Vir die kalenders het troeteldier- eienaars foto’s ingestuur van hul oulike troeteldiere en die diere waarvoor die meeste gestem is, sal in die kalender vir 2023 verskyn. Die vereniging se direkteur, Hanna Rhodin, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.