DBN verduidelik stadige aansoekproses

Die Ontwikkelingsbank van Namibië word gekritiseer vir sy lang proses om aansoeke goed te keur. Dit is veral nou belangrik omdat die bank aansoeke ontvang vir die vestiging van nuwe besighede. Die bank se hoof uitvoerende beampte Martin Inkumbi sê dit is veral omdat die bank nuwe projekte finansier, dat goeie oorsig op aansoeke gedoen moet word, en dit vat tyd.